Hierdie is ‘n kort opsomming van my toespraak wat ek gelewer het as ondervoorsitterskandidaat by Tafelronde 25 se besigheidsvergadering op 7 Desember 2006.
Dankie Mnr die Voorsitter
Dankie Steph vir die nominasie en dankie Cilve vir die sekondant.
Ek staan vanaand hier omdat ek graag ondervoorsitter en uiteindelik voorsitter van Tafelronde 25 wil word.
Hoekom dink ek kan ek reg aan die portefeulje laat geskied.
1. Ek het die PASSIE daarvoor
2. Ek het die ONDERVINDING wat nodig is
3. Ek kan hiermee nog meer aan Tafel terug gee
Passie
Ek het beslis die passie vir Tafel. Niemand kan dit betwyfel nie. Tafelronde is vir my baie belangrik en ek is baie lief vir die organisasie.
Ondervinding
In vyf jaar sedert my inhuldiging het ek baie ondervinding opgedoen:
Drie verskillende portefeuljes op Tafel beklee: sekretaris, tesourier, PRO
Twee portefeuljes op Area-vlak: Sekretaris (twee keer), grondwetlike adviseur
Was lid van ARTSA 2003-komitee
Melodrama regiseur en sameroeper
Sameroeper van verskeie projekte
Ek het 16 Vrystaat areakonferensies, plus verskeie ander areas se konferensies bygewoon.
Ek het 2 Artsa AJVs (Bloemfontein, Kimberley) bygewoon.
Ek het 2 Artca AJVs (Kasane en Orapa) bygewoon.
Ek het ook drie oorsese toere, waarvan twee Euro meetings, was bygewoon. Dit was telkens Tafelbesoeke en hierdeur het ek waardevolle internasionale ondervinding opgedoen.
Ek het verskeie strooptogte (raids) meegemaak
Gee iets terug
Dis vir baie van ons die rede hoekom ons aan Tafelronde behoort: om iets terug te kan gee aan die gemeenskap. Deur ondervoorsitter te word kan ek eerstens my mede-Tafelaars van diens wees, maar ek ka nook nog meer aan die gemeenskap terug gee.
Ten slotte
Ek wil hê elkeen van julle moet vir stem omdat ek op die gegewe tyd die beste man vir die pos is, en nie omdat ek dalk gewild is of omdat julle my dalk jammer kry nie. Maar omdat dit in die beste belang van Tafelronde 25 is en omdat ek die ondervinding en passie daarvoor het.
Ek sluit af met twee aanhalings:
I don’t know the key to success, but the key to failure is trying to please everybody.
~ Bill Cosby
We may affirm absolutely that nothing great in the world has been accomplished without passion.
~ Hegel
Baie dankie, thank you very much